Kweek ‘n Gesindheid van Dankbaarheid
Manage episode 451700232 series 3072738
Psalm 86:12,13 Met my hele hart sal ek U prys, Here, my God. Ek sal u Naam vir altyd verheerlik, want u liefde vir my is baie groot. U het my uit die doderyk gered.
Hoe ons die lewe ervaar – wat ons kry, wat ons gee en of ons dit geniet … of nie – word in 'n groot mate deur ons gesindheid bepaal. Dink net hoe sal ‘n onvergenoegde persoon, of een met 'n slagoffermentaliteit, of een met 'n houding van dankbaarheid, se manier waarop hulle die wêreld sien en ervaar, hemelsbreed verskil.
Ja, ons weet, ons emosies gaan wel op en af. Soms is ons teleurgesteld, ander kere is ons verheug oor ‘n situasie. Dis net natuurlik; daar’s niks fout daarmee nie. Maar sê my, hoe lyk jou houding in die algemeen teenoor die lewe?
Is jy geneig om jouself altyd as ‘n slagoffer te beskou? Hoe werk dit vir jou? Of is jy, as jy eerlik moet wees met jouself, arrogant en aanmatigend? Hoe gaan dit met jou verhoudings? Is jy voortdurend knorrig, en is niks wat iemand sê of doen ooit goedgenoeg vir jou nie? Hoeveel vreugde bring dit vir jou? Dit laat jou dink, nè?
Goed, laat ek jou nou weer vra, hoe sal jy jou hartsgesindgeid in jou hart teenoor jou lewe, jou omstandighede, jou gesin en jou werk beskryf? Kyk na Dawid s’n in:
Psalm 86:12,13 Met my hele hart sal ek U prys, Here, my God. Ek sal u Naam vir altyd verheerlik, want u liefde vir my is baie groot. U het my uit die doderyk gered.
Goed, ek verstaan, dinge gaan dalk nie heeltemal soos jy gehoop het nie. Maar soos iemand eenkeer gesê het: 'n dankbare hart maak ons oë oop vir 'n menigte seëninge wat ons voortdurend omring.
So, wees dankbaar vir alles wat jy uit sy Hand ontvang!
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
1441 episoder